By Die Reisburo spesialiseer ons in professionele korporatiewe reis vir ons kliënte en verseker dat ons standaarde aan verwagtinge voldoen.
Jy werk hard, 'n vakansie is nodig vir die hart en siel! Bespreek u volgende vakansie en laat die reisbesonderhede aan ons professionele reiskonsultante by Die Reisburo oor. 

WIE IS ONS?

Ons is ‘n klompie vriende wat al jare in die toerisme bedryf doenig is. Ons passie vir alles Afrikaans het ons gelei om ‘n trots Afrikaanse reisagentskap op die been te bring. Ons help jou graag in jou moedertaal om die perfekte wegbreek of sakebesoek te beplan. Gesels sommer vandag nog met ons, want die wêreld is net om die draai.

100 VENNOTE

2K+ EIENDOMME

300 BESTEMMINGS

40K BESPREKINGS

ONS SPAN

ALBERT VAN ZYL: (Besturende Direkteur)
DANEL VAN NIEKERK: (Spesialis Reiskonsultant)
CARIN VAN ZYL: (Administrasie en Finansies)

MEER OOR ONS...

Om die beste diens te lewer, is dit belangrik dat ons by die regte organisasies inskakel. Met ons samewerking ooreemkoms en affiliasie met XL Astra Travel, kry ons die voordele van ASATA, IATA en XL Travel group.